Die doel is om leerders te help om diftonge/tweeklanke (eu, ui, ei) en klinkerklanke (ie, oe, ou) te herken, uit te spreek, eenvoudige woorde akkuraat te lees, en te skryf. Asook die ontwikkeling van fonologiese bewustheid. Hoof Flitskaarte: 6 woord en 6 prent kaarte per klank (bv. ie: vier, kriek, fiets, mier, siek, kieme) VoorbereidingDruk en knip die flitskaarte uit. Lamineer die kaarte vir langer gebruik. Sorteer die flitskaarte volgens klanke. Aktiwiteit 1: WoordleesWys een flitskaart